Trekkerdrywer

Wednesday, 15 November, 2023
anonymous    
Franschhoek  

La Motte Wynlandgoed is op soek na ervare Trekkerdrywers om aan te sluit by die Plaas span. 

Pligte sluit in, maar nie beperk tot:

  • Toesien dat alle trekkers ten alle tye netjies en skoon is.
  • Trekkers gereeld nagaan vir los boude en moere en indien daar fout is, dit onmiddelik aan werkswinkel rapporteer.
  • Herstel self klein meganiese foute aan trekker en implemente wat gebruik word
  • Skoonmaak van lugfilter op gereelde basis
  • Inspekteer die trekker se batterywater en koppe
  • Toesien dat uitstraler vol water is
  • Volmaak van trekker met diesel daagliks
  • Hanteer implemente en spuitpompe van trekker volgends bepaalde voorskrifte
  • Meet en weeg spuitmiddels af en meng volgens voorskrifte
  • Hulpverlening in die wingerd soos en wanneer nodig
  • Byhou van gereedskap inventaris
  • Bestuur personeel wat help met instandhoudingstake

Vereistes vir die pos:     

  • Kode 8 of 10 lisensie met ‘n PDP
  • 3 tot 5 jaar ondervinding in ‘n soortgelyke pos
  • Bereidwilligheid om oortyd en naweke te werk
  • Moet onafhanklik kan werk en inisiatief neem
  • Fisies fiks
  • Sober gewoontes
  • Eie vervoer

Diensaanvaarding: So spoedig moontlik.

Rig asseblief u CV voor 24 November 2023 aan Menslike Hulpbronne by recruitment.hr@historicwines.co.za.

As u binne twee weke na die sluitingsdatum geen terugvoering ontvang nie, aanvaar asseblief dat u aansoek nie geslaag het nie.