Parshulpe 2024 - Stellenbosch Hills

Friday, 17 November, 2023
Charl Myburgh     0218813828
Stellenbosch  

Stellenbosch Hills is op soek na parshulpe vir die 2024 seisoen.

Kandidate moet beskikbaar wees van middel Januarie 2024 tot April 2024.

Vereistes:

  1. Moet SA ID besit
  2. Moet eie vervoer hê
  3. Moet eie verblyf hê in Stellenbosch of omgewing
  4. Moet onder druk kan werk
  5. Moet lang ure kan werk en beskikbaar wees vir naweke en vakansie dae
  6. Goeie kommunikasie vaardighede, gemotiveerd en hardwerkend
  7. Vorige pars ondervinding sal in die kandidaat se guns tel

Stuur jou aansoek as jy aan die vereistes voldoen aan winemaker@stbhills.co.za