Tuesday, 21 November, 2023
Dirk Tredoux
Stellenbosch
Marklew Family Wines, gelee in die Simonsberg-Stellenbosch distrik, is opsoek na toegewyde persoon om te help met die 2024 oes. Ons is n klein keldertjie en die persoon sal met al die aspekte van wynmaak kennis maak, vanaf die wingerd tot in die kelder. Dit sal n ideale geleentheid wees vir n wyn/wingerd student wat wil kennis maak met al die prosesse van wynmaak.
Aanvangsdatum is min of meer laaste week van Januarie 2024 tot einde van die seisoen, wat gewoonlik einde Maart of 2 weke in April is.
Eie vervoer en verblyf is n vereiste.
Epos asb jou CV na winemaker@marklew.co.za
As ons jou nie binne 2 weke kontak nie, kan aanvaar word dat die aansoek onsuksesvol was.