Klerk : Debiteure

Friday, 19 April, 2024
Riaan de Waal    
Darling  

Darling Cellars het ‘n vakature vir ‘n Debiteure Klerk. Die pos rapporteer direk aan die Finansiële Bestuurder. 

Noukeurige en akkurate werk onder tydsdruk van maandeindes word verlang.

Die kandidaat moet goed met mense op alle vlakke kan kommunikeer. 

Verantwoordelikhede sluit in:

  • Volledige debiteure funksie: fakturering, kredietnotas, kwitansies ens
  • Koördinering van aflewerings
  • Maandelikse Rekonsiliasies van debiteure
  • Maandelikse Verkoopsverslae
  • Kontant betalings ontvang en bank
  • Loonadministrasie 

Vereistes:

  • Verkieslik ‘n toepaslike tersiêre kwalifikasiein rekeningkunde
  • Ten minste 3 jaar ondervinding in ‘n soortgelyke pos
  • Bo-gemiddelde vaardigheid in Excel
  • Kennis van die Ezy-wine stelsel sal verkieslik wees
  • Vaardig in Afrikaans en Engels

Darling Cellars bied ‘n markverwante vergoedingspakket onderhandelbaar volgens die regte persoon se ondervinding en kwalifikasies.

Diensaanvaarding : So spoedig moontlik

Stuur asb. u CV ( maksimum 3 bladsye ) aan Riaan de Waal by careers@darlingcellars.co.za voor 25 April 2024.

Indien u nie binne 2 weke na sluitingsdatum gekontak word nie, was u aansoek onsuksesvol.