Gehalte Kontroleurder - Steenvrugte - Paarl

Friday, 26 April, 2024
Lee-Zanne Flaatten    
Paarl  

Die verantwoordelikhede is as volg:

IN-SEISOEN:

  • Moet op hoogte wees van weeklikse aankomstye van bote ten einde gehalte verslae by ons onderskeie kliënte/retailers te kan invorder – hierdie informasie word by die Logistieke bestuurder bekom
  • Vorder weekliks gehalte verslae van alle EU, VK, Kanadese, Amerikaanse, Midde en Verre-Ooste kliënte in 
  • Werk deur al die verslae en ontleed dié met gehalte probleme – gaan die hele logistieke ketting na; kyk of vrugte binne protokol gehanteer is, kyk of die voorgeskrewe verskepings temperatuur gevolg is, of daar enige vertragings was ens.
  • Met die ondersteuning van die Tegniese/Gehalte bestuurder moet die gehalte probleme met die onderskeie kliënte bespreek word – voorstelle aangaande die optimale hantering van die produk moet gemaak word.
  • Die gehalte probleem moet geklassifiseer word volgens die finansiële impak daarvan en op Datagear vasgelê word
  • Die gehalte verslag, gepaardgaande met die verwagte finansiële implikasie moet aan die relevante  produsent gekommunikeer word
  • Verifieer saam met die kommersiële span die verkoop state en PO’s (proof of orders), by die ontvangs daarvan, om seker te maak dat dit korrek en in ooreenstemming is met die gehalte verslae ontvang.
  • Kommunikeer verskepings eise, indien enige, met onmiddellike effek aan die Logistieke, Finansiële en betrokke kommersiële bestuurders ten einde hulle toe te laat om dit binne voorgeskrewe protokol te kan hanteer.
  • Vorder alle inligting aangaande eksperimentele palette/houers in en gee deur aan die Tegniese span vir verwerking.

 NA-SEISOEN:

  • Die opsomming van gehalte probleme per produsent na afloop van die seisoen – hierdie inligting word vanaf die stelsel getrek
  • Assisteer die kommersiële span met die voorbereiding van die na-oes produsente verslae

Die persoon moet oor die volgende karakter eienskappe beskik:

  • Netjies en “presentable” wees, oor goeie kommunikasie vermoëns beskik (verbaal en skryf), moet respek en vertroue kan afdwing by produsente en die tegniese personeel van oorsese kliënte, moet baie georganiseerd wees, moet analities wees en hou van detail, moet konflik kan hanteer in ag geneem dat gehalte probleme gekommunikeer word, moet oor goeie tydsbestuur beskik en besluite kan neem gebaseer op feitlike informasie. Die persoon moet volle verantwoordelikheid vat vir die verkryging, interpretasie, vaslegging en kommunikasie van gehalte verslae en moet weet wanneer om hulp/advies te vra by tegniese/gehalte/kommersiële bestuurders.   
  • ‘n Toepaslike Tersiêre kwalifikasie en enige kennis/ondervinding van Datagear sal in die kandidaat se guns tel.
  • ‘n Minimum van 3 jaar se ondervinding in ‘n soortgelyke pos hê – dit hoef nie steenvrugte te wees nie, alhoewel dit natuurlik in kandidaat se guns sal tel

EPOS CV IN WORD FORMAAT: cvs@agricruitment.co.za