Drywer

Wednesday, 3 July, 2024
anonymous    
Franschhoek  

La Motte Wynlandgoed in die Franschhoekvallei verlang 'n toegewyde, vindingryke persoon met 'n positiewe lewenshouding en ‘n passie vir die landboubedryf om aan te sluit by die Plaasspan.

Die suksesvolle kandidaat sal vir die volgende sleutelprestasie-areas verantwoordelik wees:

  • algemene werk as drywer bv. aflewerings en die afhaal van wyn, toerusting ens.
  • vervoer van personeel
  • omsien na voertuie – instandhouding, skoonmaak, padwaardigheid, lisensiëring ens.
  • algemene plaas- en parswerk
  • hulpverlening met ad-hoc maatskappy aktiwiteite

Aansoeke word ingewag van kandidate wat aan die volgende vereistes voldoen:

  • ten minste 4 jaar ondervinding in ’n soortgelyke posisie spesifiek in die bestuur van swaar voertuie
  • geldige Kode 10 rybewys met PDP
  • moet streng beheer oor voertuie en toerusting verseker
  • puik kommunikasievaardighede in Afrikaans en Engels
  • netjiese voorkoms en professionele werksetiek
  • moet onafhanklik kan funksioneer en verantwoordelikheid kan aanvaar
  • goeie menseverhoudinge
  • skoon kriminele rekord
  • sober gewoontes
  • bereidwilligheid om geskeduleerde naweke en publieke vakansiedae te werk


La Motte bied ‘n mededingende salaris in ooreenstemming met die graad van voldoening aan die bostaande vereistes en pligte.

Diensaanvaarding: So spoedig moontlik

Rig asb. u CV om Menslike Hulpbronne by e-pos recruitment.hr@historicwines.co.za voor 12 Julie 2024 te bereik.

 As u binne twee weke na die sluitingsdatum geen terugvoering ontvang nie, aanvaar asseblief dat u aansoek nie geslaag het nie.