Plaas Bestuurder Pos - R25000

Tuesday, 3 September, 2024
Ronald Geldenhuys     0724466897
Western Cape  

My naam is Ronald Geldenhuys 
Ek is tans 33 jaar oud en is opsoek na n nuwe uitdaging
Ek is ‘n passievolle, positiewe, gebalanseerde jong man wat verseker weet dat ek ‘n aanwins vir u plaas en besigheid as geheel sal wees. Omdat ek ‘n liefde vir die plaaslewe het, en dat daar geen twyfel in my is, dat ek ‘n positiewe en omvattende verskil as plaasbestuurder sal maak nie.
Ek hanteer alle werkers met die nodige motivering, respek en ondersteuning. As plaasbestuurder is dit belangrik dat take op die plaas met visie, kennis en die nodige
organisering en beplanning aangepak sal word.
Ek is 'n toegewyde werknemer wat gewillig is om te leer en hanteer uitdagings met entoesiasme en passie. Ek word as betroubaar en eerlik opgesom.
Ek geniet dit om individueel, sowel as om in ‘n span take te voltooi en word geken aan my hulpvaardigheid en hardwerkendheid. Geen opdrag is te ingewikkeld vir my
nie. Ek het goeie leierskapvaardighede en neem einaarskap as ook sorg dat take netjies en volledig voltooi word.
Ek neem goeie besluite in verskillende omstandighede en fuksioneer goed onder druk.
Dit sal vir my ‘n eer wees om saam te bou aan die onderneming se visie en standaarde.
Ek stuur gerus my CV op aanvraag.