Tegniese Bemarking Spesialis - Gewasbeskerming - Oos-Vrystaat (Betlehem Omgewing)

Wednesday, 11 September, 2024
Lee-Zanne Flaatten    
Free State  

My Klient is markleiers in wetenskaplik ontwikkelde biologiese en biostimulant oplossings, wat volhoubare groei, vir almal verseker. Hul missie is om betroubare verhoudings met het belanghebbendes te kweek deur die lewering van kwaliteit oplossings en uitsonderlike tegniese ondersteuning aan hul verspreiders en produsente. Biologiese oplossings speel 'n noodsaaklike rol in voedselproduksie om 'Gesonde Voedsel en Gesonde Omgewing, vir almal' te verseker.

Die sleutelrol van die Tegniese Bemarking Spesialis is om biologiese oplossings te bemark en uitsonderlike tegniese ondersteuning aan hul verspreidingsvennote en produsente in die veld te bied. ‘n Kundige in gewas-, wortel-, plaag- en siektekennis is ‘n voorvereiste vir uitstekende geïtegreerde gewasbeskerming integrasie.

Belangrike bevoegdhede wat benodig word:

  •  ‘n Selfversekerde individu met goeie kommunikasievaardighede en die vermoë om goeie langtermyn verhoudings te bou.
  • Tegniese bemarkings- en verkoopservaring in die Suid-Afrikaanse landboubedryf.
  • Minimum BSc Agric graad met hoofvakke in óf Hortologie, Plantpatologie, Entomologie of Agronomie.
  • Croplife SA sertifisering in op die Basiese Gewasbeskermingskursus.
  • Uitsonderlike vermoë om verandering in bestaande geïntegreerde gewasbeskermings bestuursprogramme te beïnvloed, ondersteun en te lei.
  • Ervaring met biologiese oplossings is 'n voordeel.
  • Prestasiegedrewe en invloedryk met 'n kultuur van selfdissipline, integriteit en uitnemendheid.
  • Bereid om in die streek te reis.

Om aansoek te doen, stuur asseblief ‘n 2 bladsye CV met ‘n motiveringsbrief, aan cvs@agricruitment.co.za

Sluitingsdatum vir aansoeke: 24 September 2024.

Neem kennis, ons sal net geselekteerde kandidate, wat aan al die vereistes voldoen, moontlik kontak vir ‘n onderhoud. Indien u niks van ons hoor binne 5 dae nadat die aansoeke gesluit het nie, beskou u aansoek as ongelukkig onsuksesvol