Bestuurs - Rekenmeester

Tuesday, 10 December, 2024
Darling Cellars    
Darling  

Darling Cellars is op soek na 'n Bestuursrekenmeester om hul span aan te vul.

Oor die rol

Hierdie nuutgeskepte posisie in die finansies span rapporteer regstreeks aan die Besturende Direkteur en sal nou saam met die Finansiële Bestuurder werk. Die oogmerk is ook dat die persoon saam met die maatskappy sal groei. Die pos behels verslagdoening oor die maatskappy se operasionele besigheid en vorm ’n belangrike deel van die besluitneming proses van die onderneming.

Verantwoordelikhede

  • Samestelling van maandelikse bestuursverslae.
  • Opstel van kwartaallikse projeksies (wins en verlies, kontantvloei).
  • Hulp met opstel van jaarlikse begrotings.
  • Analise van winsgewendheid van afdelings op verskeie vlakke soos vereis deur bestuur.
  •  
  • Voorraadbeheer en produksie beplanning.
  • Ander take soos vereis deur bestuur.

Vereistes

  • Tersiêre kwalifikasie in rekeningkunde of 'n verwante veld.
  • Relevante professionele kwalifikasie, bv. CIMA sal ‘n aanbeveling wees.
  • Ervaring in die landbou- of wynbedryf sal ‘n aanbeveling wees.
  • Bo-gemiddelde excel vaardighede.
  • Ervaring in Besigheidsintelligensie, bv. QlikView sal ‘n aanbeveling wees.
  • Hierdie posisie is kantoor gebaseerd, voltyds (Maandag tot Vrydag), en oortyd mag vereis word, veral gedurende spits periodes.

Ligging: Darling Cellars, Mamreweg Stasie, R315.

Darling Cellars bied ‘n markverwante vergoedingspakket onderhandelbaar volgens die regte persoon se ondervinding en kwalifikasies.

Stuur asb. u CV (maksimum 3 bladsye) aan Riaan de Waal by:

careers@darlingcellars.co.za voor 23Desember 2024.

Onderhoude vir die pos sal in Januarie 2025 plaasvind.

U moet in u aansoek of dekbrief aandui:

  1. Datum van moontlike diensaanvaarding
  2. Verwagte salaris