Etiketteringslynoperateur

Tuesday, 21 January, 2025
Schalk du Toit     021 865 2020
Stellenbosch  

Koelenhof Wynkelder, wat geleë is in die Stellenbosch-omgewing, bied tans hierdie loopbaangeleentheid aan.

Die suksesvolle kandidaat sal aan die Botteleringsbestuurder rapporteer en sal in beheer wees van ‘n BRC-geakkrediteerde etiketteringsaanleg (wyn).

Ons verlang aansoeke van slegs persone met die volgende bewese ervaring:

  • Beheer van volledige etiketteringslyn
  • Eerstelyn-instandhouding, klein herstelwerk en die instel van etiketterings- en verwante masjiene
  • Handhawing van gehaltebeheer en produkspesifikasies
  • Verliesbeheer van voorraad – toesighouding oor personeel.

Die vereistes vir hierdie pos sluit die volgende in:

  • Minimum 3 jaar ondervinding van etiketteringsaanlegte
  • Tegniese agtergrond van produksielyne
  • Toesighouersvaardighede
  • Blootstelling aan ‘n kwaliteitsbeheerde werksomgewing en dienooreenkomstige rekordhouding
  • Die vermoë om onder druk te funksioneer
  • Die bereidwilligheid om oortyd en skofte te werk
  • Vermoë om in ‘n span te funksioneer
  • Eie vervoer

Koelenhof Wynkelder bied 'n markverwante vergoedingspakket vir u bydrae aan.

Indien u belangstel, stuur asseblief 'n CV en dekbrief aan careers@koelenhof.co.za teen 31 Januarie 2025.  Gebruik asseblief die verwysing "Etiketteringslynoperateur".

Diensaanvaarding sal so spoedig moontlik wees, maar nie later as 1 April 2025 nie.

Indien u binne 2 weke na die sluitingsdatum geen terugvoer ontvang nie, kan u aanvaar dat u aansoek nie suksesvol was nie.