Kelder Assistent (Paarl Vallei Botteleringsmaatskappy - kontrak bottelering)

Friday, 31 January, 2025
anonymous    
Wellington  

Die posbekleër sal in die Bottelerings kelder werksaam wees en aan die Kelder Toesighouer Rapporteer. 
Nota: Dit is nie n wynmaak pos nie. Wyn word vanaf kliente ontvang vir verpakkings met minimale hantering.

Die sleutel verantwoordelikhede van die pos sentreer rondom:-
  -  Prosesbeheer met produk / wyn ontvangste en versending
  -  Algemene kelder higiëne, insluitend wyntenke higiëne
  -  Versnyding, filtrasie, verkoeling en stabilisering van produkte
  -  Uitvoer van algemene kelder funksies
  -  Toepassing van higiëne, veiligheid, sekuriteits en voedselveiligheid maatreëls
  -  Dokument en rekord beheer


Om vir die pos in aanmerking te kom, moet die aansoeker aan die volgende vereistes voldoen:-
  -  Ten minste 3 jaar ervaring in n wyn kelder waar produkte vir bottelering gereed gekry word
  -  Ten minste graad 12
  -  Goed verbaal en skriftelik kommunikeer
  -  Goed in spanverband kan saamwerk
  -  Onder druk kan werk
  -  Bereid wees om oortyd en skofte te werk
  -  oor eie vervoer beskik ( nie groepsvervoer, vanweë fleksie werksure)
  -  Moet rekenaarvaardig wees met Excel, word ens.

Die volgende sal aansoeke verder ondersteun:-
  - 'n relevante naskoolse kwalifikasie, kennis/ervaring van wynbereiding en kennis van voedselveiligheid en kwaliteitstelsels


Aansoeke moet ons bereik voor of op 14 Februarie 2025, per epos of afgelewer by ons perseel in Wellington, Oudepont R44