Die Debiteure Klerk pos is beskikbaar by Paarl Vallei Botteleringsmaatskappy in Wellington. Die posbekleër sal in die Finansiële Afdeling werksaam wees en sal aan die Administratiewe Kontroleur rapporteerDie sleutel verantwoordelikhede van die pos sentreer rondom: - Fakturering van produksies - Debiteure administrasie en rekonsiliasies - Kontanthantering - Ad Hoc takeOm vir die pos in aanmerking te kom, moet die aansoeker aan die volgende vereistes voldoen: - Graad 12 - Bogemiddelde rekenaarvaardighede - Baie goed verbaal en skriftelik kan kommunikeer - Goed in spanverband kan saamwerk - Onder druk kan werk - Akkuraat wees met detail ingesteldheid - Stiptelik weesDie volgende sal die aansoek verder ondersteun: - Enige relevante naskoolse kwalifikasie - Kennis en ondervinding van 'n wyn- en ander verwante produkte omgewing. - Kennis van Ezy Wine rekenaarstelsel - Kennis van ISO 9001 kwaliteitstelselIndien u aan bogenoemde voldoen, epos u aansoek voor of op 20 Maart 2025 aan swanepoelb@pvbm.co.za. Indien u nie binne vier weke na die sluitingsdatum van ons verneem het nie kan u aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was.