Plaas voorman pos beskikbaar in Hemel en Aarde Vallei

Tuesday, 25 March, 2025
anonymous    
Walker Bay  

‘n Maatskappy in die wynbedryf beskik oor ‘n vakante pos vir ‘n plaasvoorman.

Die maatskappy besit ʼn 42 hekaar wynplaas in die Hemel – en – Aarde Vallei, Hermanus. Die plaas produseer ook sy eie wyn op die perseel, maar verkoop oor druiwe aan eksterne kliënte. Die verwagting is dat die suksesvolle kandidaat sal oorneem sodra hy of sy die nodige bekwaamhede en bevoegdhede kan demonstreer, en suksesvol kan toepas.

Alle aansoeke moet aan die volgende vereistes voldoen:

  • Afrikaanssprekende persoon tussen die ouderdom van 27 en 45 jaar oud;
  • Minimum 5 jaar ondervinding in wingerdboerdery;
  • Ondervinding in wynproduseering sal ʼn aanwins wees;
  • Aansoekers moet in die Boland of aangrensende gebiede woonagtig wees; en
  • Rekenaarkundig wees;

Net ʼn eerlike, hardwerkende persoon met nugter gewoontes en uitstaande integriteit, wat voldoen aan bogenoemde vereistes, sal oorweeg word.

Die maatskappy voorsien die volgende voordele:

  • Toepaslike salaris
  • Selfoon toelaag