Junior Produksie Bestuurder - Tafeldruiwe - Hexrivier Vallei

Thursday, 24 April, 2025
Lee-Zanne Flaatten    
  

My Klient is 'n familie besigheid wat fokus op die verbouing, verpakking en uitvoer van tafeldruiwe en sitrus in die Hexrivier Vallei. Die dienste van ‘n Junior Produksie Bestuurder (UITVOER TAFELDRUIWE) word benodig vir die produksie eenhede naby De Doorns, Wes Kaap.

Vereistes:

• Energieke, hardwerkende, selfgedrewe individu met 'n liefde vir tafeldruiwe, ondersteun deur ‘n suksesvolle rekord vanminimum 3 jaar toepaslike praktiese & tegniese kennis rakend die verbouing van tafeldruiwe.

• Die applikant moet die vermoë hê om te groei en ontwikkel om in die toekoms ‘n volwaardige Produksie Bestuurder te kan word, indien daar ‘n geleentheid is.

• Die vermoë om onder druk te kan funksioneer, en rasionale besluitneming toe te pas.

• Goeie mense verhoudinge en bo-gemiddelde kommunikasievaardighede op alle vlakke.

• Deeglike kennis van alle verbouings aksies rakend tafeldruiwe.

• Rekenaarvaardig.

'n Toepaslike tersiêre kwalifikasie in landbou, met Graad 12.

• Deeglike kennis van bemesting en besproeiing praktyke. Ondervinding in ultra-lae vloei stelsels sal voordelig wees.

Pligte:

• Die applikant sal onder die Eenheidsbestuurder verantwoordelik wees vir die bestuur van ‘n 90ha

produksie eenheid wat insluit, alle aspekte van vestiging-, produksie-, arbeids-, pakhuis en gehalte bestuur.

• Onderhoudsbestuur en boerdery administrasie.

• Siekte- en plaagbeheer.

• Bemesting & Besproeiing (Pomphuis en Elektroniese stelsels)

• Koelkamer Bestuur

• Oes van Sitrus in die af seisoen.

In ruil vir die applikant se bydrae bied die Klient ‘n mededingende vergoedingspakket. Behuising is ook

beskikbaar op die plaas.

Sluitingsdatum vir aansoeke is 18 Mei 2025.

Epos CV in WORD formaat: cvs@agricruitment.co.za