Ons kliënt het ‘n geleentheid vir ’n bekwame Operasionele Bestuurder: Dekorverhuur om die daaglikse werking van hul besigheid glad en doeltreffend te bestuur. Hierdie rol vereis goeie organisasie, aandag aan detail en sterk kliëntediensvaardighede.
Verantwoordelikhede:
- Bestuur van personeel en bestellings.
- Invoer van bestellings en opstel van afleweringsroosters.
- Voorraadbeheer en hantering van terugkerende items.
- Ontvang kliënte en bruide en help met keuses.
- Verskaf uitstekende kliëntediens en hanteer navrae professioneel.
- Inspeksie van linne en kommunikasie met wassery.
- Los probleme vinnig en doeltreffend op in krisissituasies.
Vereistes:
- Graad 12; nagraadse kwalifikasie is voordelig.
- Goeie organisasie- en kommunikasievaardighede.
- Ervaring in personeel- of voorraadbestuur (voordeel).
- Kliëntediensgesindheid en geduldige hantering van mense.
- Moet effektief onder druk kan funksioneer.
- Probleemoplossingsvermoë en aanpasbaarheid.
- Rekenaarvaardig (Excel, Word, Outlook).
- Betroubare vervoer en bereidheid om soms naweke te werk.
- Ervaring in dekor-/verhuur-/troubedryf is ’n pluspunt.
Indien u aan die minimum vereistes voldoen en passievol is oor
die geleentheid, stuur asb u CV na maritsa@bvpd.co.za.
Sluitingsdatum vir aansoeke is 28 Mei 2025.