Administratiewe Kantoor & Ontvangs werk

Saturday, 24 May, 2025
anonymous    
Stellenbosch  

Vervaardigings onderneming in die landbou bedryf, gebasseer in Stellenbosch, is op soek na ‘n geskikte persoon vir Algemene Administratiewe Kantoor en Ontvangs werk.

Die geskikte persoon moet beskik oor sterk beplanning en organisatoriese vaardighede, en die vermoë hê om verskeie take gelyktydig te hanteer terwyl akkuraatheid gehandhaaf word.  Hierdie posisie vereis goeie kommunikasievaardighede (Afrikaans en Engels).

Pligte sal insluit (maar nie beperk wees tot):

Hantteer van telefoon/skakelbord

Algemene persoonlike assistent take vir eienaar van besigheid

Skakeling met kliënte

Logistieke en administratiewe take wat met die posisie geassosieer word

Plasing van bestellings

Basiese boekhouding (fakture & state uitmaak)

Essensiële kwalifikasies, vaardighede en ervaring:

Matriek

Enige vorige ervaring in ‘n soortgelyke posisie sal in jou guns tel

Sterk rekenaarvaardighede (MS Office, Excel, Zero)

Eie betroubare vervoer

Stuur asb kort CV, beskikbaarheid en salaris verwagting aan jannie.joubert@adept.co.za

Beskou jou aansoek as onsuksesvol as jy nie binne twee weke terugvoer ontvang nie.

photos & videos panel