Ons kliënt buite Robertson met boerdery vertakkings- wyndruiwe, vrugte,groente en melk.
Hul benodig die dienste van ‘n toegewyde en hardwerkende persoon wat ‘n passie het vir die landbou.
Die geskikte kandidaat moet aan die vereistes voldoen:
- Vyf jaar werksondervinding en gepaste naskoolse kwalifikasie.
- Goeie kommunikasie- en bestuursvaardighede.
- Vermoë om spanne te lei.
- Werknemers motiveer, organiseer en opdragte kontroleer.
- Goeie rekordhouding en administratiewe vaardighede.
- Ervaring met etiese oudits en GLOBALG.A.P.
- Basiese meganiese kennis sal ‘n aanwins wees.
Sluitingsdatum vir aansoeke: 20 Junie 2025
Indien u op soek is na ʼn uitdaging en aan die vereistes hierbo voldoen, stuur u CV aan: maritsa@bvpd.co.za.