Toesighouer - Vaste termyn

Friday, 24 October, 2025
Anchane Koekemoer     0236151505
Worcester  

Van Loveren @ Worcester kelder is op soek na ’n verantwoordelike, betroubare en energieke Toesighouer om tydens pars by ons dinamiese kelderspan aan te sluit. Die suksesvolle kandidaat sal verantwoordelik wees om toesig te hou tydens die nagskofte oor produksieprosesse, personeel koördineer en verseker dat werksaamhede doeltreffend, veilig en volgens gehalte-standaarde verloop Die kontrak sal vir ‘n vaste termyn van toepassing wees en die Operateur sal rapporteer aan die Hoofwynmaker.

 Verantwoordelikhede:

  • Toesig hou oor alle produksie- en parsaktiwiteite gedurende die nagskof
  • Bestuur van ’n klein span kelderwerkers en operateurs
  • Monitering van prosesse om gehalte en veiligheid te verseker
  • Rekordhouding van skof aktiwiteite en verslagdoening aan die Hoofwynmaker
  • Verseker dat toerusting en werksareas in goeie toestand gehou word
  • Behulpsaam met algemene pars aktiwiteite in die kelder

 Minimum vereistes en vaardighede:

  • Graad 12 kwalifikasie
  • Bereidwilligheid om nagskofte en lang ure te werk tydens die seisoen
  • Goeie probleem oplossingsvaardighede
  • Goeie kommunikasievaardighede (Afrikaans en Engels)
  • Vermoë om onder druk te werk tydens besige tye
  • Vorige soortgelyke of in ‘n kelder omgewing ondervinding sal voordelig wees
  • Eie vervoer en geldige Kode B bestuurslisensie
  • Persoon moet verkieslik van Worcester omgewing wees

 Tydperk: Seisoenaal, vanaf einde Januarie 2026 tot ongeveer einde Maart 2026.

 Indien jy belangstel in die opwindende tydelike geleentheid, wil ons graag van jou hoor!

 Aansoeke: Stuur asb ‘n CV aan recruitment@vanloveren.co.za en dui aan vir watter pos jy aansoek doen.

 Sluitingsdatum vir aansoeke: Vrydag, 7 November 2025 om 17h00

 Ons assesseer alle aansoeke en slegs kandidate op die kortlys sal gekontak word. Indien u geen terugvoer binne twee weke na die sluitingsdatum vir aansoeke ontvang het nie, kan u aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was