Friday, 24 October, 2025
Anchane Koekemoer
0236151505
Worcester
Van Loveren @ Worcester kelder is op soek na ’n verantwoordelike en energieke Skaalkamer Operateur om by ons dinamiese kelderspan aan te sluit tydens die komende parsseisoen. Die kontrak sal vir ‘n vaste termyn van toepassing wees en die Operateur sal rapporteer aan die Hoofwynmaker.
Verantwoordelikhede:
- In- en uitweeg van druiwe vragte
- Bestuur en beheer van monsters neem van alle druiwe vragte
- Akkurate invoer van toepaslike data tov alle druiwe vragte
- Bestuur van skaalkamer assistent & algemene werkers
- Algemene take in en om die kelder en perseel
- Kommunikasie met die vragmotorbestuurders en kelderpersoneel
- Handhawing van netheid in die skaalkamer
Minimum vereistes en vaardighede:
- Graad 12
- Betroubaarheid en akkuraatheid is noodsaaklik
- Goeie kommunikasievaardighede (Afrikaans en Engels)
- Basiese rekenaarvaardighede (MS Excel of soortgelyk)
- Vermoë om onder druk te werk tydens besige tye
- Bereid om ongereelde skofte en ure te werk, vroeg soggens en na-ure.
- Vorige soortgelyke of in ‘n kelder omgewing ondervinding sal voordelig wees
- Eie vervoer en geldige bestuurslisensie
Tydperk: Seisoenaal, vanaf einde Januarie 2026 tot ongeveer einde Maart 2026.
Indien jy belangstel in die opwindende tydelike geleentheid, wil ons graag van jou hoor!
Aansoeke: Stuur asb ‘n CV aan recruitment@vanloveren.co.za en dui aan vir watter pos jy aansoek doen.
Sluitingsdatum vir aansoeke: Vrydag, 7 November 2025 om 17h00
Ons assesseer alle aansoeke en slegs kandidate op die kortlys sal gekontak word. Indien u geen terugvoer binne twee weke na die sluitingsdatum vir aansoeke ontvang het nie, kan u aanvaar dat u aansoek onsukse.svol was