Tuesday, 4 November, 2025
                     
                   
                             ANDRÉ SCRIVEN 
                                 
                              +27828529742
                     
                     
                          Darling  
 
                      
            
                    
                              
                     
                             
                Darling Cellars is op soek na twee hoof parshulpe vir die 2026 pars seisoen.  Die ideale persone is prakties en funksioneer goed in ‘n besige omgewing.
Die parshulpe rapporteer aan die wynmaker(s) en is verantwoordelik vir verskeie take soos bepaal deur die wynmaker(s).
Die volgende sal in die aansoeker se guns tel, maar is nie ‘n vereiste nie:
- kwalifikasie in wynkunde
 
- vorige pars ondervinding by ‘n wynkelder
 
- tegniese aanleg
 
- bereid wees om ongewone ure te werk
 
- geldige rybewys
 
- hoogs betroubaar
 
Darling Cellars bied ‘n markverwante vergoedingspakket aan, afhangend van die persone se ondervinding.  Addisioneel hiertoe is behuising beskikbaar.
Dienstydperk : Januarie – Maart 2026
Stuur asb u CV ( maksimum 3 bladsye ) aan André Scriven : headwine@darlingcellars.co.za
voor 14 November 2025
Indien u nie binne 2 weke na sluitingsdatum nie gekontak word nie, kan u aanneem u aansoek was onsuksesvol.