Ek soek graag n werksgeleentheid

Friday, 14 November, 2025
Johan Sadie     0849749015
Paarl  

Ek soek graag ‘n werksgeleentheid in die Wynbedryf / Vrugtebedryf asook Vervaardiging. Paarl en omliggend. Permanent / Tydelik. Ek is bereid om deur die besige opkomende seisoen te werk asook ekstra ure indien benodig.

Ek het my eie Vervoer.

Ek het 19 jaar ondervinding in hierdie velde:

Aankope, voorraad ontvangste, kwaliteit beheer. Voorraad, stoor en stelsel bestuur. Optimale benutting van stoor en bate bestuur. Verpakking, herwerke, etikettering en versending van daaglikse bestellings. Alle administrasie op finansiele stelsels vanaf ontvangste van rou materiale tot versending van finale produk.

My vurkhyser bestuur vaardighede is uitstekend. “Moving, racking, packing & stacking” van voorraad. Die laai en aflaai van klein tot groot link trokke asook houers vir verskeping.

My CV en alle verwysings is dadelik beskikbaar met U versoek.

Baie dankie

Vriendelike Groete

Johan Sadie
084 974 9015
johansadie5056@gmail.com