Vakature: Parshulp By Pulpit Rock Kelder

Wednesday, 26 November, 2025
Dewald Huisamen     0224612025
Swartland  

Pulpit Rock Wynkelder in Riebeek Wes, die hart van die Swartland, is op soek na betroubare en gemotiveerde parshulpe vir die komende seisoen. As jy daarvan hou om met jou hande te werk, nie bang is vir fisieke arbeid nie en deel wil wees van ’n passievolle span, dan wil ons graag van jou hoor!

Vereistes:

  • Vorige kelder- of parservaring ’n voordeel, maar nie noodsaaklik nie

  • Goeie fisieke uithouvermoë

  • Bereid om skofte en lang ure gedurende piek-seisoen te werk

  • Betroubaar, stiptelik en ’n spanwerker

  • Vermoë om instruksies noukeurig te volg

  • Eie vervoer noodsaaklik

  • Swaarvoertuig lisensie sal in jou guns tel

Pligte sluit in:

  • Help met pars en verwerking van druiwe

  • Skoonmaak en sanitering van toerusting en werkareas

  • Hantering van pype, pompe en algemene keldertoerusting

  • Ondersteuning van die keldermeester en wynmakers met daaglikse take

Ons bied:

  • Mededingende vergoeding

  • ’n Positiewe, ondersteunende werksomgewing

  • Waardevolle ondervinding in wynproduksie

Aansoeke:
Stuur jou CV en beskikbaarheid na dewald@pulpitrock.co.za teen 8 Desember 2025.
Navrae: 022 4612 025

As jy nog nie teen 19 Desember 2025 van ons gehoor het nie, aanvaar asb jou aansoek as onsuksesvol.