Tydelike Pos: Junior Plaasbestuurder / Voorman

Wednesday, 28 January, 2026
anonymous    
Breedekloof  

Ons is op soek na ’n gemotiveerde en betroubare junior plaasbestuurder/voorman vir ’n tydelike pos op ons wingerd- en sitrusplaas in Rawsonville, Breedekloof.

Aanvangsdatum: So gou moontlik Ons het hulp nodig met druiwepars en sitrusoes tot ongeveer Augustus.

Minimum vereistes:
Matriek (Graad 12)
Geldige bestuurderslisensie
Ervaring in landbou of plaasbestuur sal ’n voordeel wees
Goeie kommunikasie- en leierskapsvaardighede
Betroubaar, hardwerkend en bereid om buite te werk

Pligte sluit in:
Toesig oor plaaswerkers en daaglikse take
Hulp met beplanning en uitvoering van plaasaktiwiteite
Basiese rekordhouding en rapportering
Verseker dat werk volgens standaarde en spertye voltooi word

Aansoekers moet CV en salarisverwagting stuur na admin@bellerebelle.co.za
Aansoeke sluit 6 Februarie indien geen terugvoering teen 13 Februarie was die aansoek onsuksesvol.