Trekkerdrywer

Friday, 30 January, 2026
anonymous    
Paarl  

L’Huguenot Vineyards in Val de Vie Landgoed is op soek na ’n ervare Trekkerdrywer om aan te sluit by die Plaas span.

 Pligte sluit in, maar nie beperk tot:

  • instandhouding van trekkers
  • inspeksies van trekkers
  • hantering van implemente en spuitpompe van trekker volgens bepaalde voorskrifte
  • rapportering van enige foute op trekkers aan werkswinkel
  • volmaak van trekker met diesel daagliks
  • verseker dat gifkamer/trekkerstoor te alle tye skoon en netjies gehou word
  • gereelde opname van gereedskap en byhou van inventaris
  • vervoer van werknemers en goedere
  • streng nakoming van plaas gesondheids- en veiligheidsreëls
  • hulpverlening met algemene wingerdwerk soos benodig

Aansoeke word ingewag van kandidate wat aan die volgende vereistes voldoen:

  • 3 - 5 jaar ondervinding in ‘n soortgelyke posisie
  • geldige kode 8 of 10 bestuurslisensie
  • formele opleiding as trekkerdrywer sal voordelig wees
  • goeie menseverhoudinge
  • vermoë om akkuraat onder druk te kan werk
  • uitstekende tydsbestuurvaardighede
  • fisies fiks en vermoë om handearbeid te verrig soos benodig
  • vermoë om onafhanklik te kan werk en inisiatief te neem
  • vermoë om basiese instandhoudingswerk uit te voer
  • bereid om buite te werk in verskillende weerstoestande
  • skoon kriminele rekord
  • bereidwilligheid om oortyd en naweke te werk wanneer nodig

Diensaanvaarding: So spoedig moontlik.

Rig asb. u CV om Menslike Hulpbronne by e-pos recruitment.hr@hwines.co.za voor Vrydag, 6 Februarie 2026 te bereik.

As u binne twee weke na die sluitingsdatum geen terugvoering ontvang nie, aanvaar asseblief dat u aansoek nie geslaag het nie.