Junior Uitvoere Kontroleerder - Vrugte Uitvoerder - Durbanville

Saturday, 21 March, 2026
anonymous    
Stellenbosch  

Sluit aan by ’n gevestigde en vooruitstrewende maatskappy in die varsprodukte-uitvoerbedryf wat bekend is vir hul hoë standaarde, sterk verhoudings met produsente en ’n dinamiese, span-gedrewe werksomgewing. Hierdie organisasie bied uitstekende blootstelling aan die uitvoerproses en die geleentheid om binne ’n professionele en groei-georiënteerde span te ontwikkel.

AANSTELLINGSVEREISTES

  • Graad 12
    • Afrikaans as eerste taal
    • Minimum 2 jaar toepaslike ondervinding in landbou / vrugte-uitvoer / logistiek
    • Uitstekende interpersoonlike vaardighede
    • Sterk spanspeler
    • Vermoë om onder druk te funksioneer
    • Uitstekende beplanning- en organiseringsvaardighede
    • Akkuraat en detailgeoriënteerd
    • Geldige bestuurslisensie en eie betroubare vervoer

 KPA’S

  • Koördinering en finalisering van vragte met verskepingslyne
    • Organisering van aflaai met produsente, koue stoorfasiliteite en vervoer kontrakteurs
    • Voltooiing van uitvoerdokumentasie
    • Skakeling met produsente, vervoer kontrakteurs, verskepingslyne en PPECB rakende uitvoere
    • Beplanning en organisering van daaglikse vragte
    • Voorraadbeheer
    • Weeklikse beplanning met produsente voor vragte gelaai word
    • Datavaslegging van weegbrugstrokies

 AANBOD

’n Mededingende, markverwante vergoedingspakket word aangebied, insluitend byvoordele. Die rol bied uitstekende geleenthede vir groei en blootstelling binne die uitvoerbedryf.

 Om aansoek te doen:
E-pos jou CV met “JNR UITVOERE KONTROLEERDER” as onderwerp na:
leniseb@kubekanye.com