’n Klein, intieme wynproelokaal net buite Stellenbosch is op soek na ’n vriendelike, professionele en energieke Proelokaal Assistent om by ons span aan te sluit.
Indien jy passievol is oor wyn, mense en kliëntediens, en graag in ’n rustige maar professionele omgewing wil werk, hoor ons graag van jou.
Vereistes:
- Matrieksertifikaat
- Geldige bestuurslisensie
- Tweetalig (Afrikaans en Engels)
- Wynkennis en ervaring in die wynbedryf
- Goeie mense- en kommunikasievaardighede
- Bereid om te leer en nuwe vaardighede aan te leer
- Moet bereid wees om sommige naweke en na-ure te werk
- Netjiese en professionele voorkoms
- Betroubaar en stiptelik
Hoof Verantwoordelikhede:
- Aanbied van wynproeë aan gaste
- Verwelkoming en bediening van kliënte
- Verduideliking van wyne en wynplaasprodukte
- Verkope en kliëntediens
- Algemene netheid en instandhouding van die proelokaal
- Hulp met voorraadbeheer en administratiewe take
- Ondersteuning tydens funksies en spesiale geleenthede
Wat Ons Bied:
- ’n Professionele maar ontspanne werksomgewing
- Geleentheid om meer van die wynbedryf te leer
- Werksgeleenthede binne ’n klein en dinamiese span
- Mededingende vergoeding gebaseer op ervaring
Stuur asseblief jou CV en ’n kort motiveringsbrief na thedriftapplications@gmail.com voor 12 Junie 2026.