Ervare Kelderwerker

Friday, 24 July, 2026
Winemaker     0220010025
Swartland  

Ons is 'n klein, privaat wynkelder in die Swartland wat premiumwyne en ons is op soek na 'n ervare, betroubare Kelderwerker om by ons span aan te sluit.

Ons soek iemand met sober gewoontes, wat trots is op sy of haar werk, praktiese kelderwerk geniet en bereid is om gedurende besige tye oortyd ure te werk.

Minimum Vereistes

  • Vorige ondervinding in 'n wynkelder.
  • SKOP sal tot jou voordeel strek.
  • Geldige Suid-Afrikaanse bestuurslisensie.
  • Geldige vurkhyserlisensie.
  • Geldige EC1 en PDP lisensies sal baie voordelig wees.
  • Bereid om oortyd gedurende die oes en ander spitstye te werk.
  • Betroubaar, selfgemotiveerd en in staat om goed as deel van 'n klein span te funksioneer.

Sleutelverantwoordelikhede

  • Uitvoer van alle algemene kelderwerk.
  • Veilige hantering van vurkhysers en ander keldertoerusting.
  • Handhaaf van hoë standaarde van higiëne, wynkwaliteit en werkplekveiligheid.
  • Hulp verleen waar nodig om die gladde verloop van die daaglikse kelderbedrywighede te verseker.

Indien jy passievol is oor die wynbedryf, praktiese kelderwerk geniet en deel wil wees van 'n dinamiese span, hoor ons graag van jou.

Stuur asseblief jou volledige CV saam met kontakbare verwysings na cellar@davidnadia.com