Werksgeleentheid: Kelderhand

Thursday, 30 July, 2026
anonymous    
Stellenbosch  

n Welbekende wynplaas is op soek na ’n gemotiveerde, hardwerkende en betroubare kelderhand om by ons span aan te sluit.

Posisie: Kelderhand

Stellenbosch

Ons is op soek na iemand met ’n passie vir die wynbedryf, ’n goeie werksetiek en ’n bereidwilligheid om te leer en hard te werk.

Verantwoordelikhede sluit onder andere in:

  • Algemene kelderwerk en ondersteuning tydens wynproduksie
  • Skoonmaak en sanitasie van keldertoerusting en -fasiliteite
  • Hantering van druiwe, wyn en keldertoerusting
  • Ondersteuning tydens oes en fermentasie
  • Algemene instandhouding en fisiese werk in die kelder
  • Nakoming van veiligheids-, higiëne- en kwaliteitsstandaarde

Vereistes:

  • Vorige kelder- of wynbedryfervaring sal voordelig wees
  • Vorige oeservaring is ’n voordeel
  • Bereidheid om fisies hard te werk en lang ure te werk wanneer nodig
  • Betroubaar, stiptelik, presies en ’n goeie spanwerker
  • ’n Positiewe persoon met n positiewe gesindheid
  • Die vermoë om instruksies te volg en verantwoordelik te werk

Sluit aan by ’n dinamiese span en kry waardevolle praktiese ervaring in die Suid-Afrikaanse wynbedryf!

Om aansoek te doen, stuur asseblief jou CV na: applicationslr2026@gmail.com 

Sluitingsdatum: 31 Augustus 2026