Pars Internskap 2027 - Muratie Wine Estate

Wednesday, 26 August, 2026
anonymous    
Stellenbosch  

Muratie wynlandgoed bied ‘n geleentheid aan vir ‘n opwindende pars op die historiese Stellenbosch plaas.

Kom met ’n lus om te leer en hande wat nie bang is om vuil te word nie!

As ’n pars intern sal jy ’n belangrike deel van ons wynmaak span wees en praktiese ervaring opdoen in alle aspekte van kelderbedrywighede en wynproduksie.

Die ideale kandidaat beskik oor die volgende eienskappe:

  • Het ’n graad in Wingerd- en Wynkunde of ’n verwante kursus
  • ’n Passie vir wyn en wynmaak
  • Die vermoë om in ’n vinnige werksomgewing te funksioneer en by veranderende omstandighede aan te pas
  • Bereid om in ’n dinamiese buite-omgewing te werk
  • Goeie kommunikasie- en spanwerkvaardighede

Verantwoordelikhede en pligte:

  • Neem deel aan wynmaakprosesse, insluitend die ontvangs van druiwe, fermentasie en wyn veroudering.
  • Leer oor wynproduksietegnieke, kelderbedrywighede en wyngehaltebeheer
  • Help met algemene kelderpligte en skoonmaak
  • Werk saam met die wynmaakspan om die produksie van wyne van hoë gehalte te verseker

Ons bied:

  • ’n Mededingende internskaptoelaag
  • Akkommodasie op die plaas
  • Middagetes ingesluit

Om aansoek te doen, stuur asseblief jou CV aan na vineyard@muratie.co.za