Jou Friday Girl… maar sy werk enige dag van die week

Thursday, 1 October, 2026
anonymous    
Western Cape  

Jou Friday Girl… maar sy werk enige dag van die week.

Het jy soms net ’n ekstra paar hande nodig?

’n Paar ure se admin wat opgehoop het.
’n Excel-spreadsheet wat aandag nodig het.
Fakture wat vasgehaak het.
’n Begroting wat opgedateer moet word.
’n Klomp dokumente wat geliasseer moet word.
Of dalk net iemand wat die admin vir jou kan oorneem sodat jy kan fokus op die plaas, kelder of besigheid.

Dis waar ek inkom.

Jy betaal my per uur vir die tyd wat jy my nodig het – nie vir ’n voltydse werknemer wat jy elke maand moet betaal nie.

Ek kan inspring vir ’n paar ure, ’n dag, ’n week of op ’n gereelde basis – soos wat dit vir jou werk.

Ek help onder andere met:

• Data- en faktuurvaslegging
• Verkope en uitgawes
• Excel en Sage
• Begrotings en kontantvloei
• Kosteberekeninge en verslagdoening
• Liasseerstelsels en algemene administrasie
• Kelderadministrasie en botteleringslogistiek
• SAWIS- en IPW-administrasie
• Wyn- en olyfoliebedryf se nakomingsadministrasie
• Vrugte-uitvoeradministrasie
• Waybills, pallet-ID’s en nasporing
• Seisoenale en permanante loonadministrasie
• HACCP / BRC / ISO-ondersteuning
• Olyfolie-sertifisering, kompetisie- en voorraadadministrasie

Geen langtermynverbintenis. Geen voltydse salaris. Net praktiese ondersteuning wanneer jy dit nodig het.

Jy fokus op wat jy die beste doen.
Ek hanteer die admin.