Dinamiese, vinnig-bewegende wynbesigheid in die Paarl is opsoek na iemand wat kan bone tel, 'n lessenaar aan die kant kan hou en ook sommer 'n paar etikette met die hand kan reguit plak. Jou bydrae tot die spandinamika sal 'n fyn oog vir syfers wees, rekeninge wat balanseer, rekonsiliasies wat klop en opgawes wat betyds ingedien word. Tussen in sal jy vinnig dink, probleme oplos en 'n paar skep net om almal op hul tone te hou. 'n Ongesonde liefde vir koffie is opsioneel.
Jou pligte sal insluit:
Daagliks:
- Algemene boekhouding: inkomstes, uitgawes, fakture ens.
Weekliks
- Proelokaal: POS & voorraad
Maandeliks
- Bank rekonsiliasies, Payrol, Grootboek rekening, Aksyns, Voorraaad, Debiteure en Krediteure, BTW opgawes, Bestuurstate
Jaarliks
- Begrotings, kontantvloei, oudit voorbereidings
Tussen Deur
- Help waar nodig, verbeter sisteme, geniet jou werk, drink koffie of tee....