Thursday, 15 October, 2026
Ellaine Venter
+27845584545
Western Cape
'n Bekende wynplaas in die Paarl-omgewing is op soek na 'n betroubare, verantwoordelike en ervare trekker- en vragmotorbestuurder om by ons span aan te sluit.
Vereistes:
- Geldige Kode 10-rybewys en PrDP (PDP).
- Bewese ervaring in die bestuur van trekkers en vragmotors.
- Kennis van wingerdwerk, wyndruiwe en kelderwerk sal voordelig wees.
- Ervaring as chemiese spuitoperateur sal 'n sterk aanbeveling wees.
- Goeie werksetiek, verantwoordelikheidsin en die vermoë om onafhanklik sowel as in 'n span te werk.
- Geen behuising is beskikbaar nie.
Aansoeke:
Stuur jou CV na ellaine@owloon.co.za
OF stuur die volgende volledige inligting per WhatsApp na 084 558 4545:
- Naam en kontakbesonderhede
- Vorige werkservaring en huidige aanstelling
- Drie kontakbare werkverwysings
- Besonderhede van jou rybewys en PDP
Belangrik: Onvolledige of ongeldige aansoeke sal nie oorweeg word nie. Die WhatsApp-nommer is slegs vir die ontvangs van aansoeke. Geen verdere korrespondensie sal via WhatsApp gevoer word nie.
Slegs kortlyskandidate sal gekontak word. Indien jy geen terugvoering ontvang nie, aanvaar asseblief dat jou aansoek onsuksesvol was.
Sluitingsdatum: 30 Oktober 2026