Parshulpe 2027: Aan de Doorns Wynkelder

Wednesday, 28 October, 2026
Marthinus Rademeyer    
Worcester  

Aan de Doorns Wynkelder is op soek na hardwerkende en energieke parshulpe om gedurende die 2027-parsseisoen by ons wynmaakspan aan te sluit.

Die suksesvolle kandidate sal help met die daaglikse kelderaktiwiteite en die wynmaakproses gedurende die parsseisoen.

Tydperk: Middel Januarie tot middel April 2027

Vereistes:

  • Bereidwilligheid om lang ure en oor naweke te werk.

  • Energiek, hardwerkend en pligsgetrou.

  • ’n Passie vir die wynbedryf.

  • ’n Geldige rybewys.

  • ’n Matrieksertifikaat.

  • Vorige kelderondervinding sal in jou guns tel.

Indien jy belangstel om deel van ons span te word en praktiese ondervinding in die wynbedryf op te doen, nooi ons jou om aansoek te doen.

Kontakpersoon: Marthinus Rademeyer
E-pos: marthinus@aandedoorns.co.za

Sluit by Aan de Doorns Wynkelder aan vir die 2027-parsseisoen!