Drywer / Senior Supervisor

Wednesday, 28 October, 2026
Samantha Pearce     0218741021
Franschhoek  

Allée Bleue Wine Estate is op soek na ’n betroubare, hardwerkende en verantwoordelike Drywer/ Senior Supervisor om by ons span aan te sluit.

Minimum vereistes:

  • Geldige bestuurderslisensie – Code 10
  • Vorige plaas ervaring
  • Ondervinding in toesighoudende pos
  • Ondervinding met trekkers en plaasimplemente sal ’n voordeel wees
  • Goeie kommunikasie- en mensevaardighede
  • Vermoë om ’n span te lei en take te delegeer
  • Basiese rekordhouding
  • Meganiese kennis sal ’n voordeel wees
  • Sober gewoontes
  • Betroubaar en stiptelik
  • Bereid om buigsame ure te werk wanneer nodig

Hoofverantwoordelikhede:

  • Vervoer van personeel en vrugte
  • Toesig oor plaaswerkers en daaglikse take
  • Beplanning en koördinering van daaglikse werksaamhede
  • Verseker dat werk korrek en betyds voltooi word
  • Bedryf en versorging van voertuie en plaasmasjinerie
  • Basiese instandhouding en rapportering van probleme
  • Toesig oor algemene plaas- en wingerdbedrywighede
  • Nakoming van gesondheids-, veiligheids- en plaasreëls
  • Daaglikse rekordhouding en terugvoer aan bestuur

Persoonlike eienskappe:
Ons soek iemand wat selfstandig kan werk, verantwoordelikheid aanvaar, ’n span kan lei en nie bang is om hande vuil te maak nie.

Eerlike & betroubare persone met geldige verwysings kan gerus hulle CV epos na: office1@alleebleue.com 

Sluitingsdatum: 15 November 2026