Jong, energieke dame soek 'n geleentheid in die Wynbedryf

Thursday, 19 November, 2026
Nina     0660583702
Worcester  

Ek is ’n energieke en leergierige 18-jarige dame met ’n GROOT passie en opregte belangstelling in die wynmaakbedryf.

Ek het pas my matriekeksamen afgelê en wil graag die volgende stap neem om my droom in die wynbedryf ’n werklikheid te maak.

My belangstelling in wynmaak strek verder as net nuuskierigheid – ek het reeds op my eie in ons kombuis met wynmaak begin eksperimenteer. Dit het my passie net verder aangevuur en my nog meer gemotiveer om die bedryf van nader te leer ken.

Ek is op soek na ’n geleentheid by ’n kelder waar ek praktiese ondervinding kan opdoen, nuwe vaardighede kan aanleer en bereid is om hard te werk en van die grond af te begin.

Ek is:

  • Hardwerkend en energiek.
  • Leergierig en bereid om nuwe uitdagings aan te pak.
  • Entoesiasties oor wynmaak en die hele produksieproses.
  • Gemotiveerd om myself te bewys en waarde tot ’n span toe te voeg.

Ek glo ’n mens leer die beste deur self betrokke te wees, jou hande vuil te maak en by mense met ervaring te leer.

Ek sal enige geleentheid om deel van ’n kelderspan te word, opreg waardeer.

Ek woon in Worcester maar beried om enige plek te kom help met die pars.