Ontvangsdame

Saturday, 9 February, 2019
Carmen Mac Curry     +27 21 8641705
Wellington  

Bosman Adama (Edms) Bpk - ‘n Goed gevestigde maatskappy in Wellington vereis 'n diensgeoriënteerde en professionele individu met 'n lewendige persoonlikheid om goed in 'n span te kan funksioneer. U sal die rol van 'n ontvangsdame vervul wat onder andere insluit: -

Ontvangs

  • Ontvang en verwelkom kliënte in ontvangs area.
  • Bestuur van skakelbord.
  • Verantwoordelik vir die netheid van ontvangsarea
  • Neem boodskappe, afsprake en doen besprekings
  • Bestuur daaglikse pos, koerier, aflewerings en reis reëlings van personeel.
  • Gereelde kommunikasie met lynbestuurders, drywers, kliënte en verkaffers om die gladde verloop van besigheid te verseker

Boekhouding:

  • Behartig die kleinkaste en die ondersteunende dokumentasie daarvan
  • Help loonklerk met rekonsiliasies en regstellings van werkers se ure.

Administrasie:

  • A\dministrasie pligte - liassering, maak van kopies en stoor van elektroniese dokumente
  • Voltooing van aansoekvorms soos versoek
  • Voorbereiding van korrespondensie dokumente
  • Behartig lisensie hernuwing en registrasies van voertuie
  • Maandelikse dieselverbruik monitor en verslag opstel
  • Weeklikse kragaankope en kragverkope en administrasie daarvan
  • Hanteer navrae en gee terugvoer aan bestuur

Vereistes:

  • Diploma in rekeningkunde of besigheidsadministrasie
  • Moet ten minste 3 jaar ontvangs en administratiewe ervaring het
  • Goeie kommunikeerder - Bevoeg in Afrikaans en Engels
  • Rekenaargeletterd
  • Professionele beeld - Goed versorg te alle tye.
  • Goeie telefoonetiket
  • Goeie interpersoonlike vaardighede
  • Goeie verbale en geskrewe kommunikasievaardighede
  • Goeie organisatoriese vaardighede en opvolgvaardighede
  • Akkuraatheid in alle werk wat gelewer word
  • Vermoë om goed in 'n span te werk
  • Intellektuele nuuskierigheid - 'n Ywerigheid om die werking van die onderneming te verstaan
  • Skep 'n beeld van allerhoogste professionaliteit te alle tye
  • Toon inisiatief


Om aansoek te doen, epos CV aan die Menslike Hulpbron Bestuurder - hr@bosmanadama.co.za