Trekker Bestuurder

Friday, 15 March, 2019
Anchane     0236151505
Robertson  

Ons is op soek na ‘n individu wat passievol is vir sy werk en wat kans sien vir die opwindende geleentheid as Trekker Bestuurder vir Van Loveren Vineyards

Die rol sluit in die dag-tot-dag bedrywighede van ʼn Trekker Bestuurder en die individu sal direk rapporteer aan die Plaasbestuurder:

  • Algemene trekker werk met die oes van druiwe
  • Nuwe ontwikkelings en aanplantings - Voorbereiding van die grond & aanplanting van nuwe wingerd en gewasse
  • Snoei van wingerd
  • Verwydering van ou wingerd
  • Onkruid beheer - Voorbereiding van spuitpomp, meng van spuitstowwe en spuit volgens voorskrifte
  • Instandhouding van wingerde en gewasse - Voorbereiding van bossieslaner en ander implemente asook bewerking van wingerdrye en oop gronde
  • Instandhouding van Trekker en implemente
  • Handhaaf Veiligheids prosedures
  • Algemene instandhouding take op die plaas wanneer trekker nie benodig word nie

 Die suksesvolle kandidaat sal aan die volgende vereistes moet voldoen:

  • Graad 10, moet kan lees en skryf
  • Geldige Kode B (8) bestuurslisensie
  • Ten minste 2 jaar ondervinding in die bestuur van ‘n trekker

 Eienskappe van die ideale kandidaat:

  • Kan onafhanklik werk
  • Energiek, passievol, gemotiveerd en lojaal
  • Spanspeler en bereid om ekstra myl te gaan 

Indien jy voldoen aan die bogenoemde vereistes en kans sien vir ‘n uitstekende loopbaan geleentheid en om deel te wees van ‘n dinamiese span, stuur jou CV so gou as moontlik aan hr@vanloveren.co.za.

Die sperdatum vir aansoeke is Donderdag, 28 Maart 2019

Indien geen terugvoering binne twee weke na die sluitingsdatum ontvang is nie, kan u aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was.