Plaagbeheeroperateur (Grondberoking)

Saturday, 16 March, 2019
Ilze van Niekerk    
Paarl  

NexusAG is een van die voorste verspreiders wat omvattende gewasoplossings aan hul kliënte in Suider-Afrika bied.

PLAAGBEHEEROPERATEUR
(GRONDBEROKING)

NexusAG, met sy kantore geleë in die Paarl, beskik tans oor ’n betrekking vir ’n ervare Plaagbeheeroperateur met ’n kombinasie van goed ontwikkelde interpersoonlike
en kommunikasievaardighede, sowel as bewese kennis van die wetenskap van grondberoking en spesifiek nuwe toedieningsmetodes. Die geskikte kandidaat moet beskik oor:
• ’n Matrieksertifikaat • Geregistreerd by die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye as ’n Plaagbeheeroperateur met ’n geldige sertifikaat • Minstens 3 jaar ondervinding in die ontsmetting van grond deur middel van trekker ondersteunende en drupbesproeiingsmetodes is verdere vereistes, asook deeglike kennis van die veilige hantering van die toedieningsprodukte, kalibrasiemetodes vir outomatiese doserings- en drupbesproeiingsisteme • Bogemiddelde leiereienskappe en bemarkingsvaardighede sal die aansoek versterk.

Die suksesvolle kandidaat sal aan die Tegniese Bestuurder rapporteer en verantwoordelikhede sluit onder andere in: • Direkte en gereelde skakeling met alle rolspelers, insluitend kliënte, agente, verskaffers en bedryfsinstansies • die vermoë om ’n kliëntebasis op te bou en te onderhou • die bestuur van grondberokingsprojekte en –spanne • alle administratiewe take wat met die pos verband hou • bereidwilligheid om te reis.

Doen asseblief voor 09:00 op 27 Maart 2019 aanlyn aansoek by www.m3online.co.za Vir algemene navrae kontak Ilze van Niekerk by M3 Human Capital Management op
tel. 021 863 1444.

Diensaanvaarding: So spoedig moontlik.

Indien u geen terugvoering binne 2 weke na die sluitingsdatum vir aansoeke ontvang nie, kan u aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was.