Wynmaker

Thursday, 6 June, 2019
anonymous    
West Coast  

Darling Cellars soek ‘n WYNMAKER om by ons wynmaak span aan te sluit. Die wynmaker moet as individu wil presteer maar veral bydra tot die span se sukses.

Die wynmaker sal deur sy/haar loopbaan tot dusvêr bewys kan lewer van sy/haar vermoë om wyn van hoogstaande kwaliteit te maak, ongeag die prys punte. Premium wyne in klein volumes en terselfdertyd die druk van kommersiële wynmaak en daaglikse bottelering, is deel van die uitdagings in hierdie pos.

Die Wynmaker rapporteer aan die Hoof Wynmaker en is verantwoordelik vir:

  • Die produksie van gehalte wyne
  • Beplanning en bestuur van produksieprosesse
  • Instandhouding van IPW, HACCP en ander gehalte beheerstelsels
  • Voorraadbeheer
  • Administrasie van die wynmaakproses op o.a. Ezy-wine en Excel
  • Instandhouding van bates
  • Personeelbestuur
  • Aanbied van wynproeë en eksterne skakeling

Die suksesvolle aansoeker sal o.a. oor die volgende beskik:

  • BSc-graad in Wingerd- en Wynkunde of soortgelyke kwalifikasie
  • Minstens 5 jr. ondervinding as wynmaker.
  • Bewese ervaring in 'n grootmaat- asook bottelerings kelder
  • Tegniese kennis van wynmaak masjinerie
  • Vertroud is met verskeie kwaliteitsbeheerstelsels (IPW, BRC, HACCP, WIETA)
  • Rekenaarvaardighede – Excel (en EZYWine sal voorkeur geniet)
  • Goeie taal- en kommunikasievermoë, veral in Engels.
  • Goeie administratiewe-, syfer- en rekenaarvaardighede
  • Uitstaande interpersoonlike vaardighede

Stuur asb. u CV aan Riaan de Waal by:

careers@darlingcellars.co.za voor 12 Junie 2019.

Op u dekbrief moet die volgende aangedui word:

  • die datum waarop u diens kan aanvaar
  • asook verwagte salaris.

Darling Cellars bied ‘n markverwante vergoedingspakket onderhandelbaar volgens die regte persoon se ondervinding en kwalifikasies.

Die wynmaker sal in die Darling omgewing moet vestig en verblyf is ook by die kelder beskikbaar.

Diensaanvaarding : So spoedig moontlik

Indien u nie binne 2 weke na sluitingsdatum gekontak word nie, was u aansoek ongelukkig onsuksesvol.