Trekkerdrywer: Spuit Operateur

Saturday, 20 July, 2019
anonymous    
Stellenbosch  

Kleine Zalze Wyne het‘n vakature beskikbaar vir ‘n Trekkerdrywer: Spuit Operateur.  Daar sal van die operateur verwag word om met trekkers, motorfietse, oesmasjiene en algemene implemente, spuitpompe en ploee, te werk.

 

Posvereistes:

  • Minimum Graad 10 Of Bewese ondervinding van die pos
  • Trekkerdrywer ervaring
  • Ten minste 2 seisoene spuitwerk ervaring
  • Oesmasjien ondervinding sal in guns tel van aansoek

 

‘n Markverwante vergoedingspakket na gelang van kwalifikasies en ondervinding word aangebied.  Rig asb. u CV en dekbrief voor 31 July 2019 aan wine@kleinezalze.co.za of faks dit na 021-880 0716.

Indien u nie binne 14 dae na die sluitingsdatum in kennis gestel word nie, kan u aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was.