Wynmaker

Tuesday, 13 August, 2019
Anel Odendaal     0218768026
Franschhoek  

La Motte Wynlandgoed in die Franschhoekvallei verlang ‘n geesdriftige persoon met ‘n passie vir wynbereiding en die vermoë om in ‘n spanomgewing te werk om hom/haar by die  Kelderspan aan te sluit.

 Die suksesvolle kandidaat sal vir die volgende verantwoordelik wees

* koördinering van parsaktiwiteite * die totale wynmaakproses * versnyding en stabilisering van wyn * skakeling met wynaankopers * voorraadbeheer en produksie-administrasie * kelderadministrasie en personeelbestuur * skakeling op die gebied van wynproeë, promosies en bemarking

Die volgende kriteria is van toepassing:

* ‘n toepaslike kwalifikasie in Wingerdbou- en Wynkunde * 5 jaar toepaslike ondervinding in ‘n soortgelyke pos * ervaring van wingerdbou * uitstekende kommunikasievaardighede * sterk werkdissipline, met die vermoë om druk te kan hanteer * vermoë om eienaarskap van werk te neem * goeie administratiewe, syfer- en rekenaarvaardighede * kennis van verskeie kwaliteitsbeheerstelsels (IPW, HACCP, WIETA)

La Motte Wynlandgoed bied ‘n mededingende salaris in ooreenstemming met die graad van voldoening aan bostaande vereistes.

Diensaanvaardiging: So spoedig moontlik.

Stuur asb. u CV en dekbrief om Anél Odendaal by e-pos recruitment.hr@historicwines.co.za voor Vrydag 23 Augustus 2019 te bereik.

As u binne twee weke na die sluitingsdatum geen terugvoering ontvang nie, aanvaar asseblief dat u aansoek nie geslaag het nie.