Botteleringslynbestuurder

Saturday, 28 September, 2019
Carmen Anthony     0218768817
Franschhoek  

La Motte Wynlandgoed in die Franschhoekvallei verlang ‘n geesdriftige person met die vermoë om in ‘n spanomgewing te werk om hom/haar by die Kelderspan aan te sluit.

Die suksesvolle kandidaat sal vir die volgende verantwoordelik wees

  • bestuur van werknemers
  • bestuur van bottelerings- en etiketteringslyne
  • handhawing van gehaltebeheer en -standaarde
  • verliesbeheer
  • bestuur en kontroleer van voorraad
  • toesig oor die totale botteleringsproses

Die volgende kriteria is van toepassing:

  • 5 jaar toepaslike ondervinding in ‘n soortgelyke pos
  • tegniese kennis van die instandhouding van botteleertoerusting
  • rekenaarvaardigheid 
  • uitmuntende kommunikasievaardighede
  • toesig- en bestuursvaardighede
  • kennis van verskeie gehaltebeheerstelsels (IPW, HACCP, WIETA)
  • ervaring van gehaltebeheer

La Motte Wynlandgoed bied ‘n mededingende salaris in ooreenstemming met die graad van voldoening aan bostaande vereistes.

Diensaanvaardiging: So spoedig moontlik.

Stuur asb. u CV en dekbrief om Anél Odendaal by e-pos recruitment.hr@historicwines.co.za voor Vrydag 18 Oktober 2019 te bereik.

As u binne twee weke na die sluitingsdatum geen terugvoering ontvang nie, aanvaar asseblief dat u aansoek nie geslaag het nie.