Assistent Wynmaker

Thursday, 3 October, 2019
Esteé     023 6162143
Overberg  

Mooiuitsig Wynkelders geleë in Bonnievale, benodig 'n Assistent Wynmaker wat ten volle gekwalifiseerd is in Wingerdbou en Wynkunde.
Toepaslike ondervinding sal sterk in die aansoeker se guns tel.

Die suksesvolle kandidaat rapporteer aan die Hoof Wynmaker en sal vir die volgende kerntake verantwoordelik wees *koördinering van parsaktiwiteite
*nasorg,versnyding en stabilisering van wyn *voorraadbeheer en kelderhigiëne *laboratorium dienste *die wynmaakproses saam met Hoof Wynmaker
* beheer en toesig oor kelderpersoneel

In ruil vir jou bydrae bied Mooiuitsig Wynkelders 'n mededingende vergoedingspakket aan.

Stuur asseblief CV's na estee@mooiuitsig.co.za

Sluitingsdatum van aansoeke - 18 Oktober 2019

Indien u geen terugvoering binne 2 weke na die sluitingsdatum vir aansoeke ontvang nie,kan u aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was.