Pakhuis / Lynbestuurder, Ceres - na

Wednesday, 16 October, 2019
Larry Whitfield     +27 23 3122301
Western Cape  

Hierdie is ‘n loopbaangeleentheid vir ‘n energieke persoon met bestuursvernuf, wat goeie menseverhoudings handhaaf, uitstekend kommunikeer, georganiseerd is en onder druk kan funksioneer. Ervaring in hiedie bedryf is natuurlik `n noodsaaklikheid. Die pakhuis word saam met `n groter produksie eenheid bedryf, waar appels, pere en pruime verbou word en direk aan die pakhuis gelewer word.

Pligte en verantwoordelikhede:

  • Bestuur van personeel
  • Effektiewe voorbereiding van die paklyn (AWETA)
  • Akkurate uitvoering van pakinstruksies volgens voorgeskrewe standaarde
  • Kwaliteitbeheer
  • Handhawing van produktiwiteit en doelwitte.
  • Kennis van voedselveiligheid stelsels.