Verkoopsbestuurder (Suid-Afrika en Afrika)

Saturday, 2 November, 2019
Anel Odendaal     0218768026
Franschhoek  

Historic Wines of the Cape in die Franschhoekvallei verlang die dienste van ‘n geesdriftige, vindingryke en diensgeoriënteerde persoon om hom/haar by die La Motte- en Leopard’s Leap- verkoopspan aan te sluit.

Die suksesvolle kandidaat sal vir die volgende sleutelprestasie-areas verantwoordelik wees:

*ontwikkeling van die Afrika- en Suid-Afrikaanse wynmark * effektiewe implementering en monitering van die verkoopstrategie * doeltreffende skakeling met nasionale en internasionale agente, verspreiders en verkoopsverteenwoordigers * handelsbesoeke * saamstel en verwerking van verkoopdata * koördinering van verbruikers- en handelspromosies * begrotingsbeheer * verkoop- en bemarkingsadministrasie * marknavorsing * hantering van klantenavrae en -kommunikasie. 

Die volgende kriteria is van toepassing: * ‘n toepaslike naskoolse kwalifikasie * vyf jaar ervaring in ‘n soortgelyke posisie in die wynbedryf * werksondervinding in Afrika * uitmuntende  kommunikasievaardighede en onderhandelingsvermoë * professionele voorkoms en optrede * die vermoë om uiteenlopende take in ooreenstemming met strawwe spertye te hanteer * syferkundige vermoë * deeglikheid, 'n georganiseerde werkswyse en aandag aan detail * bereidwilligheid om gereeld vir werk te reis.

Historic Wines of the Cape bied ‘n mededingende salaris in ooreenstemming met die graad van voldoening aan die bostaande vereistes en pligte.

Rig asb. u CV en dekbrief om Anél Odendaal by e-pos recruitment.hr@historicwines.co.za voor 09:00 Woensdag 6 November 2019 te bereik. 

Diensaanvaarding: 1 Januarie 2020.  

As u binne twee weke na die sluitingsdatum geen terugvoering ontvang nie, aanvaar asseblief dat u aansoek nie geslaag het nie.