Parshulpe 2020

Wednesday, 6 November, 2019
Eljay Geldenhuys     +27 22 448 1213
Swartland  

Riebeek Valley Wine Co bied werksgeleentheid vir Parsseisoen 2020 vanaf 6 Januarie tot einde Maart 2020 aan betroubare, verantwoordelike persone as Kelder Parshulpe.  Vergoeding na gelang van ondervinding op hierdie gebied.

Die pos behels die uitvoer van algemene kelderwerk in span-verband in die produksie-afdeling onder leiding van die wynmakers.

Indien jy: 

:  beskik oor ‘n geldige RSA-ID

:  Afrikaans en/of Engels magtig is

:  bereid is om billike werksopdragte te aanvaar

:  bereid is om oortyd te werk

:  bereid is om naweke te werk

:  sober gewoontes het en goeie gesondheid geniet

:  jou eie bankrekening het

Stuur ‘n kort CV met ‘n afskrif van jou ID en Inkomstebelastingnommer (SARS) na: eljay@riebeekwineco.co.za vóór 12h00 op Vrydag 06 Desember 2019

OF

Voltooi die aansoekvorm (beskikbaar by Ontvangstoonbank) en lewer by Ontvangs in saam met ‘n afskrif van jou ID en Inkomstebelastingnommer (SARS) vóór 12h00 op Vrydag 06 Desember 2019.  Indien jy teen Woensdag 08 Januarie 2020 om 17h00 (5nm) nog niks van ons gehoor het nie, was jou aansoek ongelukkig onsuksesvol.