Senior Parshulpe/Assistent Wynmaker 2020

Wednesday, 6 November, 2019
Alecia Boshoff     +27 22 448 1213
Swartland  

Dienstydperk Januarie tot April 2020

Riebeek Valley Wine Co bied tydelike werksgeleenthede aan hardwerkende, betroubare persone met goeie menseverhoudings en kommunikasie vaardighede gedurende die 2020-parsseisoen.

Persone wat in besit is van ‘n B.Sc-graad in Wingerd & Wynkunde, Elsenburg-graad in Keldertegnologie, of gelykstaande kwalifikasie, asook ‘n geldige RSA-ID en bereid is om billike werksopdragte te aanvaar, oortyd en/of skofte te werk, is welkom om aansoek te doen. Toepaslike vorige ondervinding op hierdie gebied sal in u guns tel.

Mededingende vergoeding word aangebied. 

E-pos u CV/aansoek na: alecia@riebeekwineco.co.za. Aansoeke sluit 22 November 2019 om 17h00.  Indien ons u nog nie teen 30 November 2019 gekontak het nie, was u aansoek ongelukkig onsuksesvol.