Bestuursrekenmeester - Vrugte Industrie - Stellenbosch

Monday, 13 January, 2020
Lee-Zanne Flaatten     0824188747
Stellenbosch  
‘n Uitvoeronderneming in Stellenbosch in die Wes-Kaap, wat spesialiseer in die uitvoer van vrugte, het die bogenoemde posisie beskikbaar.
 
Die geskikte kandidaat sal verantwoordelik wees vir:
 
Verwerk en rekonsilieer krediteure fakture
Verwerk bankstate
Laai EFT betalings
Debiteure fakturering
Rekonsilieer intergroep transaksies
Ad-hoc finansiële take soos vereis
 
Kwalifikasie en ondervinding benodig:
 
‘n Finansiële Graad: B.Rek of B.Comm Fin Rek of B.Comm Bestuurs Rek.
Ten minste 1 jaar kommersiële ervaring na klerkskap of 3 jaar werksondervinding in ‘n finansiële administrasie pos
Uitstekende Excel en Pastel vaardighede
Ervaring in die vrugte uitvoer industrie sal in u guns tel.
 
Die pos rapporteer aan die Groep Finansiële Bestuurder.
 
‘n Mededingende vergoedingspakket is onderhandelbaar volgens kwalifikasie en ervaring. Meld asb u salarisverwagting op die aansoek, asook kontakbare verwysings.
 
Begindatum: Middel Februarie 2020
 
Vereistes:
 
* Ouer as 30
* Bereid om oortyd te werk tussen April & November
 
Email CV in WORD formaat: inadmin@mweb.co.za