Assistent Rekenmeester - 0

Saturday, 8 February, 2020
Ilze     0218631444
Robertson  

Rooiberg Wynkelder (Robertson) beskik tans oor ’n werksgeleentheid vir ’n Assistant Rekenmeester, wat aan die Finansiële Bestuurder sal rapporteer en sal onder andere verantwoordelik wees vir die volgende:

* Administratiewe- en rekeningkundige funksies
* Loonadministrasie
* Kleinkasadministrasie
* Debiteure
* Krediteure
* Alle ander ad hoc-administratiewe take wat met die posisie verband hou

Die volgende is ’n voorvereiste vir die pos:
• ’n Toepaslike tersiêre kwalifikasie
• 3 tot 5 jaar relevante ervaring
• Deeglike administratiewe- en syfervaardighede
• Uitstekende rekenaarvaardighede (MS Office & Pastel)
• Bestuurslisensie en eie vervoer

In ruil bied Rooiberg Wynkelder ’n markverwante vergoedingspakket aan.

Diensaanvaarding: So spoedig moontlik

Doen asseblief aanlyn aansoek by www.m3online.co.za voor 09:00 op 21 Februarie 2020.

Vir algemene navrae, kontak ons Werwingspan by M3 Human Capital Management by 021 863 1444.

Indien u geen terugvoer binne twee weke na die sluitingsdatum ontvang nie, kan u aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was.