Senior Restaurant Bestuurder (Knus Karoo Kombuis)

Friday, 15 May, 2020
anonymous    
Paarl  

Knus Karoo Kombuis in die Paarl verlang ‘n persoon met ‘n positiewe, energieke en entoesiastiese ingesteldheid om by hulle aan te sluit.

 Die suksesvolle kandidaat sal vir die volgende verantwoordelik wees:

  • die verwelkoming en vriendelike hantering van gaste
  • koördineering van restaurantaktiwiteite
  • afsluiting van kasregister
  • hantering van navrae van klante
  • interne skakeling met die kombuis
  • organisering van funksies en verwante byeenkomste
  • bestuur van personeel
  • voorraadbeheer
  • ad hoc administratiewe take

Aansoeke word ingewag van kandidate wat aan die volgende voldoen:

  • ‘n kwalifikasie in hotelbestuur of soortgelyke opleiding
  • ten minste vier jaar toepaslike ondervinding
  • sterk leierseienskappe
  • uitstekende menseverhoudinge
  • uitmuntende taalvaardigheid in Afrikaans en Engels
  • goeie rekenaarvaardigheid
  • die vermoë om akkuraat te werk en vooruit te kan beplan
  • onafhanklik kan funksioneer
  • bereidwilligheid om na-ure, geskeduleerde vakansiedae en naweke te werk
  • ondervinding in kombuis bestuur sal in kandidaat se guns tel

‘n Mededingende salaris in ooreenstemming met die graad van voldoening aan bostaande vereistes en verpligtinge word aangebied.

Diensaanvaarding: So spoedig moontlik

Rig u CV teen 29 Mei 2020 aan Anel Odendaal by e-pos recruitment.hr@historicwines.co.za

As u binne twee weke na die sluitingsdatum geen terugvoering ontvang nie, aanvaar asseblief dat u aansoek nie geslaag het nie.